Greenhouse Tunnels Manufacturers Pretoria Gauteng South Africa

Staal Industrie en oprigting van groente tonnels

Versoek kwotasie

Tunnella Tunnels is die alleen vervaardiger van Vlekvrye staal 409 groente tonnels in Suid Afrika.

Enkel of Multispan tonnels kan deur ons aan kliënte verskaf word. Ons vervaardig ook gegalvaniseerde – en sagte staal (“Mild”) geverfte strukture op bestelling. Doen dit self tonnels is ook beskikbaar en is maklik om op te sit. Tunnella Tunnels beskik oor tweede handse gerestoreerde tonnels, wat te koop aangebied word, teen n billike en bekostigbare prys, die strukture is behandel met anti-roes verf en is in uistekende toestand.

Hulp en Leiding

As gevolg van die aard van ons besigheid, beskik ons oor die kundigheid en kennis van Groente tonnels om ons kliënte met nuttige inligting te adviseer. Tunnella Tunnels is 'n verskaffer van alle toebehore wat benodig word in tonnelboerdery, besproeiing, verkoeling- en verwarmingstels, plastiek, net ens. 'n 3 dag opleidingkursus is beskikbaar op tonnelboerdery.

Net Huise

Tunnella Tunnels spesialiseer ook in die oprig van Net Huise (Doek Huise)

Dié net huise word opgerig met 'n standaard hoogte van 4m en bedek met 40% net, die pale wat gebruik word is CCA behandel enSABS goedgekeur. Net huise is die alternatief vir oopland boerdery met aansienlike voordele, aangesien gewasse beskerm word teen insekte, hael en voëls. In die winter is dit warmer in die net huis en in die somer koeler. Dis is bekostigbaar en kan groter areas bedek.

Tunnella Tunnels sal enige grootte Net huis oprig volgens die kliënt se behoefte.

Besigtig foto's

Omgewingsvriendelik

As een van die voorlopers in die industrie is Tunnella Tunnels bekend vir die vervaardiging van hoë gehalte vlekvrye staal groente tonnels.

Ons mark is onbeperk, ons vervaardig groente tonnels en voer uit na buiteland en buurlande.

Die installasie van die groente tonnels van Tunnella Tunnels is omgewingsvriendelik en bekostigbaar vir die entrepreneur tot plaasboer, groot- of kleiner skaal, wat ookal die die behoefte mag wees. Geen tonnel is te klein of te groot. Waar spasie beperk is kan bv 900 plate in 300m² groente tonnel geplant word, wat beteken op 'n kleiner spasie kan meer plante geplant word wat maklik onderhou kan word

Vervaardiging van tonnels vir krokkodille en Aquaponika

Boer met krokodille en Aquaponika (Tilapia) (visboerdery)in tonnels raak meer gewild en is tot voordeel vir die spesialis boer. Tunnella Tunnels het ondervinding in die oprig van dié tonnels, waar boere in hiedie kategorie baatvind by die groei van die reptiele,hulle eet meer en groei vinniger agv die warmer klimaat. Ons kliënte is baie tevrede met die diens wat ons hulle lewer in hierdie verband.

Versoeke wat aanvaar word deur Tunnella Tunnels is onder andere tonnelstrukture wat oor swembaddens opgerig word vir temperatuur regulering, tonnels wat met 250 mikron swart plastiek oorgetrek is wat oa aangewend word vir die uitdroog van hout en tabak ens.

Dit is 'n aanduiding van die multi gebruik maak van groente tonnels.

Besigtig foto's

Internationale Veraardiging

As een van die voorlopers in die industrie is Tunnella Tunnels bekend vir die vervaardiging van hoë gehalte vlekvrye staal groente tonnel in 'n baie mededingende mark. Ons mark is onbeperk, ons vervaardig groente tonnels en voer uit na buiteland en buurlande. Beskikbare aflewering landswyd en na naburige lande teen 'n bekostigbare tarief. Geen tonnels te klein of te groot.

Produkte en dienste
© Copyright reservedd, 2016, www.tunnelatunnels.co.za
+27 12 751 6999
Taal